🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Lettie se Kerrieboontjies/Kerriekool
Riamie
Bestanddele
2 kg≈ 2000 g
groenboontjies of kool1 kg≈ 1000 g
gekerfde uie4 koppie≈ 1 l
asyn3½ koppie≈ 875 ml
suiker1 eetlepel≈ 15 ml
sout3 eetlepel≈ 45 ml
matige kerriepoeier3 eetlepel≈ 45 ml
maizenawit peper na smaak
borrie na smaak
½ koppie≈ 125 ml
asynMetode
1
Kook die groenboontjies/kool en uie in 'n bietjie water tot gaar maar nog ferm — moet droog kook (nie sag nie).
2
Meng die 4 koppies asyn, suiker en sout en gooi by die boontjies/kool en uie. Laat vinnig kook.
3
Meng die kerriepoeier, maizena, peper, borrie en ½ koppie asyn saam tot 'n gladde mengsel.
4
Gooi 'n bietjie van die warm asyn-mengsel by die kerriepasta en meng tot 'n gladde pasta.
5
Gooi die pasta by die boontjie-mengsel en laat goed kook. Pasop vir aanbrand.
6
Bottel warm in gesteriliseerde bottels.
Graderings
Gee 'n telling: