Lekker Eet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekker Eet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep🔑Teken in

🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Agurtjie-stukke Konserf

Tienie

Bestanddele

5 kg5000 g
agurkies
8.75 liter
water (vir week)
7 teelepel35 ml
gebluste kalk
1.5 liter
water (per 1 kg agurkies)
1 kg1000 g
suiker (per 1 kg agurkies)
50 ml
suurlemoensap (per 1 kg agurkies)

Metode

1

Kies agurkies wat 2,5 tot 3 cm in deursnee is naby die stingel asook die blom-ent.

2

Behou die steeltjie 2 cm lank.

3

Sny die agurtjie 4 cm vanaf die stingel af asook by die blom-ent. Prik die agurkies deeglik.

4

Gebruik 'n wit sintetiese deegplank op jou skoot sodat die arms ontspan — die tafelblad is gewoonlik effens te hoog om op te werk.

5

Weekproses: Plaas die 5 kg agurkies in 'n 20 liter plastiese emmer. Vul met 8,75 liter water.

6

Voeg 7 teelepels (37,5 ml) gebluste kalk by en meng goed met 'n lang houtlepel.

7

Bind 'n doek oor die emmer of plaas 'n deksel op, en laat die agurkies oornag week.

8

Volgende dag: Spoel die agurkies goed af in vars water.

9

Vir elke 1 kg agurkies: Kombineer 1,5 liter water, 1 kg suiker en 50 ml suurlemoensap in 'n pot.

10

Verhit en roer tot die suiker heeltemal opgelos is.

11

Kook matig vinnig vir ongeveer 1 uur 30 minute. Toets die konsistensie.

12

Bottel die konserf warm in gesteriliseerde flesse en verseël.

Graderings
Gee 'n telling: