π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Makataan Smeerkonfyt
Bestanddele
Metode
Sny die vleisagtige deel van die makataan in klein stukkies en verwyder die pitte.
Moenie die middelste 'sponsagtige gedeelte' gebruik nie β dit bly wit en kook nie helder nie.
Sny een pynappel in stukkies en voeg by die makataan.
Voeg heel gemmerstukke by.
Gebruik 1 koppie suiker vir elke 2 koppies vrugte. (Alternatief: gebruik suurlemoensap i.p.v. pynappel om kristallisasie te voorkom.)
Voeg 'n knippie sout by. Voeg geen water by nie.
Smeer 'n lagie margerien bo-op die rand van die kastrol om te verhoed dat die konfyt oorkook.
Kook matig vinnig vir ongeveer 2 ure tot die konfyt opkom en wil oorkook β dit sal blink borrels vorm.
Verwyder die gemmerstukke.
Bottel die konfyt warm.
Makataan wat 6 kg stukke lewer se vleisgedeelte lewer dan min of meer 12 heuningbotteltjies smeerkonfyt.