🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Kweperkonfyt
Bestanddele
Metode
Skil en kerf die kwepers en sit hulle dadelik in soutwater sodat hulle nie bruin word nie.
Weeg die geskilde en gesnyde kwepers en meet dieselfde gewig suiker af.
Plaas die kwepers en suiker saam in 'n pot van die begin af.
Voeg bitter min water by — net genoeg sodat die suiker kan smelt.
Smeer die rand van die pot met margerien sodat die konfyt nie oorkook nie.
Voeg 'n knippie sout by.
Kook matig vinnig tot die konfyt helder is en glasborrels vorm, ongeveer 1½ uur.
Kweperkonfyt is nie 'n smeerkonfyt nie. Eet stukkies net so. Konfyt wat té stadig kook word donker. Té vinnig word tameletjie voor vrugte sag is. Tannie Hettie sê: Probeer resep in 'Bottel en Bêre'-lêer vir Kweperjellie.