🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Kumkwatkonfyt
Bestanddele
Metode
Vorige aand: Was die kumkwats deeglik en prik dit met 'n hoedespeld.
Bedek die vrugte met water (6 koppies) en laat oornag staan.
Volgende oggend: Kook die vrugte in dieselfde water tot hulle sag is.
Dreineer die vrugte.
Stroop: Verhit die stroop-bestanddele (2,25 liter water, 3 kg suiker en 3 knippies sout) en bring geleidelik tot kookpunt.
Laat die stroop net-net kook.
Sit die vrugte geleidelik in die kokende stroop en kook tot die vrugte helder is en die stroop dik is (ongeveer 1½ tot 1 uur 45 minute).
Doen die pieringtoets om te bevestig die konfyt is gereed.
Pak die konfyt in warm gesteriliseerde flesse en bedek heeltemal met kokende stroop.
Verseël onmiddellik.
Stroop: 500 g suiker vir 500 g vrugte, gebruik 2 dele water vir 1 deel suiker.