Lekker Eet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekker Eet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep🔑Teken in

🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Tamatie-Salsa

Corrie Swanepoel

Bestanddele

4 kg4000 g
tamaties, geskil en gesnipper
kg1500 g
uie, geskil en gesnipper
1 kg1000 g
suiker
2 eetlepel30 ml
kerriepoeier
2 eetlepel30 ml
sout
2 eetlepel30 ml
mosterdpoeier
750 ml
witasyn
3
hoogvol eetlepels maizena

Metode

1

Kook die tamaties, uie en suiker saam totdat die uie sag is.

2

Meng die kerriepoeier, sout, mosterdpoeier en witasyn saam.

3

Voeg die kruie-en-asyn-mengsel by die tamatiemengsel en kook op.

4

Maak 'n pasta van die maizena en 'n bietjie water.

5

Voeg die mielieblom-pasta by die kokende mengsel en prut vir 'n paar minute.

6

Bottel die salsa warm in skoon gesteriliseerde bottels.

✨ Tienie Sê

Resep baie groot. 2 kg tamaties lewer ± 7 blatjang botteltjies van 470 g. Met ontbyt of braaivleis. Gebruik binne drie maande vir beste smaak.

Graderings
Gee 'n telling: