π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Tamatie-en-Uie Noedels
Bestanddele
Metode
Kook die uie, tamaties, groen soetrissies (indien gebruik), suiker, olie, wit wyn of asyn en sout saam in 'n groot pot vir 30 minute.
Kook die skulpnoedels afsonderlik volgens pakkie-instruksies en dreineer.
Voeg die gaar noedels by die tamatie-mengsel en kook deur totdat alles goed gemeng en warm is.
Roer die mayonaisse by.
Bottel die mengsel warm in gesteriliseerde bottels en verwyder enige lugborrels.
Lewer 6-7 heuning botteltjies. Bedien warm of koud veral saam met braaivleis, wors of maalvleis. Ideale wyn om te gebruik: Vino Bianco. 'A gentle spicy and fruity semi-sweet wine. Good with chicken, spicy pastas and a wonderful drinking wine.' Voorstel: Maak frikkadelle gaar. Pak in oondpan. Gooi 'n botteltjie oor. Warm op in oond.