Lekker Eet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekker Eet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep🔑Teken in

🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Soetlemoenmarmelade

Elna Powell, nuwe Kook en Geniet bl. 217

Bestanddele

2
suurlemoene
6
lemoene
625 ml
koue water per 250 ml gesnyde vrugte
250 ml
koue water vir pitte
suiker na smaak

Metode

1

Was die vrugte deeglik.

2

Skil die vrugte dun af en hou die skille eenkant.

3

Verwyder alle wit gedeeltes (die wit murg) en gooi dit weg — dit maak die konfyt bitter.

4

Sny die skille en vrugte baie fyn met 'n Stanley mes.

5

Verwyder die pitte en hou dit eenkant.

6

Week die pitte apart in 250 ml koue water.

7

Meet die gesnyde vrugte en voeg 625 ml (2½ koppie) koue water by vir elke 250 ml vrugte.

8

Laat die vrugte oornag week en voeg dan die water waarin die pitte geweek het by.

9

Kook die mengsel tot die stukkies vrugte sag is.

10

Doen die pektientoets en voltooi die kookproses soos beskryf by die algemene metode op bl. 214.

Graderings
Gee 'n telling: