Lekker Eet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekker Eet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep🔑Teken in

🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Ryp Tamatiekonfyt

Bestanddele

1 kg1000 g
ryp tamaties
1 kg1000 g
suiker
1
knippie gemmer of heel gemmer
1
knippie sout

Metode

1

Ontvel tamaties deur 'n kruis bo in die skil te sny.

2

Doop die tamaties in kookwater en dan in koue water. Trek die skilletjies af.

3

Sny die tamaties stukkend.

4

Plaas die gesnyde tamaties in 'n pot.

5

Gebruik 1 kg suiker vir elke 1 kg tamaties.

6

Voeg 'n knippie gemmer (of heel gemmer) en 'n knippie sout by.

7

Kook eers stadig totdat die suiker gesmelt is, daarna matig vinnig. Moenie water byvoeg nie.

8

Kook tot die konfyt helder is. Skep die skuim af tydens kook.

9

Toets die konfyt deur 'n bietjie tussen voorvinger en duim te trek — dit moet 'n blink draadjie vorm.

10

Die konfyt moet blink borrels maak.

11

Haal dadelik van die hitte af wanneer gereed.

✨ Tienie Sê

WENK: Tannie Hettie van Staden kook altyd 2 vyeblare saam met tamatiekonfyt vir 'n lekker geur. (Marico kook heel pruimtamaties)

Graderings
Gee 'n telling: