🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Mosterdboontjies
Lettie Myburgh
Bestanddele
3 kg≈ 3000 g
groenboontjies, gekerf5 koppie≈ 1.25 l
asyn4 koppie≈ 1 l
suiker1 koppie≈ 250 ml
mosterdpoeier1 teelepel≈ 5 ml
borrie1 koppie≈ 250 ml
koekmeelMetode
1
Kook boontjies in soutwater tot sag en dreineer.
2
Meng eers suiker, mosterd en borrie saam.
3
Voeg dan 4 koppies van die asyn by die mengsel en roer goed.
4
Voeg die asynmengsel by die boontjies en kook 'n bietjie.
5
Maak die koekmeel met die oorblywende koppie asyn aan tot 'n pasta.
6
Gooi die meelpasta in die boontjies en kook tot gaar. Pasop vir aanbrand!
7
Bottel warm.
Graderings
Gee 'n telling: