🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Kerrie-Frikkadelle
Bestanddele
Metode
Meng die maalvleis, gekapte uie, kerriepoeier, fyn naeltjies, borrie, gemengde speserye, gemmer, appelkooskonfyt, soet wyn, sout en peper, neut, fyn koljander, Oats, blatjang en eiers goed saam.
Rol die mengsel tot frikkadelle en braai of bak gaar.
Vir die sous: Braai 12 groot gekapte uie sag in olie saam met suurlemoen, 12 naeltjies en 12 peperkorrels.
Laat lank kook.
Voeg by die sous: sout, ½ bottel blatjang, 750 ml asyn, 2 eetlepels kerriepoeier, ¼ koppie suiker, 1 teelepel borrie en 4 eetlepels appelkooskonfyt.
Laat weer kook.
Gooi die warm sous oor die frikkadelle en bêre in die yskas, of in die vrieskas tot 2 weke voor Kersfees.
Kan in vrieskas gebêre word tot 2 weke voor Kersfees.