🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Ingemaakte Tamaties
Tannie Hettie van Staden
Bestanddele
3 kg≈ 3000 g
halfgroen tamaties1 kg≈ 1000 g
uie, gekerf2 eetlepel≈ 30 ml
soutbietjie bietjie
rooipeper2 koppie≈ 500 ml
asyn2 koppie≈ 500 ml
suiker1 eetlepel≈ 15 ml
kerrie1 eetlepel≈ 15 ml
mosterdpoeier2 eetlepel≈ 30 ml
maizenaMetode
1
Plaas al die bestanddele, behalwe die maizena, saam in 'n groot pot.
2
Kook die mengsel vir 1 uur en 5 minute.
3
Meng die maizena met 'n bietjie water om 'n pasta te vorm.
4
Voeg die maizena-pasta by die pot en roer deur.
5
Kook nog 'n paar minute totdat die mengsel helder en verdik is.
6
Bottel die mengsel terwyl dit nog warm is.
Graderings
Gee 'n telling: