π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Ingelegde Appels (Tertappels of Gestoofde Appels)
Bestanddele
Metode
Skil en sny die appels in kwarte.
Sit dadelik in soutwater terwyl jy skil om te verhinder dat die appels verdonker.
Maak 'n stroop van die suiker en water. Roer tot die suiker heeltemal opgelos is en die stroop kook.
Sit die vrugte geleidelik in die kookstroop.
Kook vir ongeveer 5β10 minute.
Skep skuim af.
Hou dop β appels kook gou-gou pap en moet nog effens ferm wees.
Skep die warm appels in gesteriliseerde bottels.
Steek 'n skoon mes langs die vrugte in om lugborrels te verwyder.
Vul die bottels op met stroop tot oorlopens toe, sodat enige skuim kan afloop.
Lewer twee Mayonaisse bottels van 750 g. Gebruik in appeltert of bedien koud met vlasous. LW: Groen Granny Smith appels disintegreer nog voor dit sag gekook het!!!!!