π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Witsous (in Mikrogolfoond)
Bestanddele
Metode
Gebruik 'n glasbeker met 'n inhoudsmaat van 500 ml. Vul met melk tot 450 ml.
Kook die melk vir 5 minute op High in die mikrogolfoond (MG).
Maak intussen 'n pasta van 1Β½ eetlepels maizena, sout, peper en Β± 50 ml melk.
Sodra die melk uit die MG kom, voeg 1Β½ eetlepels margerien by en roer.
Roer die maizena-pasta in die warm melk.
Plaas terug in die mikrogolf: kook 1 minuut op medium, verwyder en roer deeglik tot op die bodem van die glasbeker.
Kook nog 2 minute op medium, verwyder en roer deeglik.
Kook nog 2 minute op medium, verwyder en roer deeglik.
Indien die sous nog nie die regte dikte het nie, plaas dit terug in die MG en herhaal in kort intervalle tot die gewenste konsistensie bereik is.