π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Griekse Slaaisous
Bestanddele
Metode
Verdun mayonaisse met melk tot 'n giet-bare konsistensie.
Voeg Β± 1 eetlepel asyn by en meng goed.
Voeg 'n bietjie suiker en sout na smaak by.
Roer Mixed Herbs, Tiemie of Pieterselie in na keuse.
Slaai 1: Meng fyngerasperde kool en grofgerasperde wortels met mayonaisse.
Bedien saam met toasted sandwiches.
Slaai 2: Pak grofgebreekte blaarslaai onder in 'n bak.
Voeg soet pynappelstukkies, stukkies tamaties en uieringe by.
Gooi die Griekse Slaaisous oor.
Vir 'n bord-aanbieding: Rangskik 'n bed van grofgebreekte slaaiblare, 1 tamatiewiggie, 1 skyfie komkommer en 2 stukkies vierkantig gesnyde soetrissies (groen en rooi).
Gooi slaaisous oor en bedien met 'n stukkie vleis.