Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou ResepπŸ”‘Teken in

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Koperpennie-wortelslaai

Uit: Lekker vir Later bl. 297, Annette Human

Ansie Pretorius gemaak tydens Henkie se 21e.

Bestanddele

1 kgβ‰ˆ 1000 g
geelwortels
2
uie
2
middelslag soetrissies
250 ml
water
200 g
wit suiker
200 ml
wit asyn
125 ml
sonneblomolie
1 pakkie
tamatieroomsoppoeier
10 ml
worcestersous
7 ml
aangemaakte mosterd
5 ml
sout
1 ml
peper

Metode

1

Skil die wortels en uie en sny dit in skyfies op.

2

Halveer en ontpit die soetrissies en sny dit in repies op.

3

Kook die wortels gewoonweg tot halfgaar, spoel dit in 'n vergiettes onder lopende koue water af en dreineer dit goed.

4

Pak die wortels, uie en soetrissies in lae in 'n houer met 'n deksel wat dig seΓ«l; eindig met 'n laag wortels.

5

Verhit die res van die bestanddele stadig saam tot kookpunt en roer dit om die suiker en soppoeier te laat oplos.

6

Roerkook die mengsel 2 minute lank.

7

Giet dit kokend warm oor die wortelmengsel en laat dit met behulp van 'n mes in die middel en langs die kant inloop.

8

Laat die slaai afkoel.

9

VerseΓ«l die houer en bewaar die slaai in die koelkas.

10

Laat dit minstens 2 dae lank marineer voor gebruik.

✨ Tienie SΓͺ

Bewaar in yskas! Baie makliker om wortels, uie en soetrissie met sous te meng en dan warm te bottel.

Graderings
Gee 'n telling: