Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou ResepπŸ”‘Teken in

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Roomsteak

Ellisras Boerevereniging-afsluiting, 2002. Koos Daffue- en Bettie-hulle reΓ«l vir 120 mense. Ponk vra R30/kg vir gebeukte steak en Tol Pieterse R35 want Ponk lewer aan Tol agterkwarte.

Bestanddele

36 kgβ‰ˆ 36000 g
steak (300 g/persoon)
Meat Tenderizer (Robertsons), na smaak
15 kgβ‰ˆ 15000 g
uie
8 pakkie
vars sampioene
egte botter, na smaak
sout en peper, na smaak
10 liter
vars room

Metode

1

Sny die steaks in kleiner porsies. Verseker dat die vleis vars is en nooit gevries gewees het nie.

2

Om 3 nm: Sprinkel Meat Tenderizer (Robertsons) oor die steaks en laat intrek.

3

Gebruik 'n geweldige pan van ongeveer 2 m x 1 m en ongeveer 10 cm diep, geplaas op 'n rooster op 'n oopgesnyde drom.

4

Om 4 nm: Braai die 15 kg uie en 8 pakkies vars sampioene in egte botter β€” nie margerien of olie nie.

5

Skep uit en hou eenkant.

6

Braai die steak in egte botter aan een kant. Draai om en gooi sout en peper op die geseΓ«lde kant.

7

Moenie te lank braai nie β€” net-net gaar. Draai om en gooi sout en peper op die ander geseΓ«lde kant.

8

Skep die uie en sampioene terug in die pan. Voeg die 10 liter vars room by en roer deur.

9

Prut tot die sous bruin is. Moenie te lank prut nie, anders vorm dit olie.

10

Bedien warm, byvoorbeeld met krummelpap.

✨ Tienie SΓͺ

Vir 120 mense.

Graderings
Gee 'n telling: