Lekker Eet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekker Eet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep🔑Teken in

🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Maroelastroop vir Koeldrank

Dieselfde basiese beginsels geld soos by die inlê van vrugte (preservering). Vryf sap van pitte af met jou hande — stresballetjie se moses!

Bestanddele

10 koppie2.5 l
maroelamoes
3 koppie750 ml
suiker
½ teelepel3 ml
kremetart
¼ teelepel1 ml
sitroensuur
¼ teelepel1 ml
Engelse Sout

Metode

1

Gebruik ryp maroelas. Sny 'n skyfie bo af en druk die pit uit.

2

Vryf die sap uit die skil uit.

3

Vryf die sap van die pitte af met jou hande. Kyk vir wurmpies.

4

Syg die sap deur kaasdoek.

5

Meng al die bestanddele saam.

6

Verhit stadig tot kookpunt en kook dan 5 minute vinnig.

7

Gebruik drie gesteriliseerde bottels (750 ml elk). Vul tot oorlopens toe.

8

Verseël terwyl warm. Maak seker dat die bottels nie lek nie.

✨ Tienie Sê

Om voor te sit: Verdun met yswater, limonade of sodawater. Bewaar in yskas na oopgemaak of gooi in plastiese bottels om te vries! 'n Vyfliter emmertjie vol maroelas lewer sowat 1 liter sap, onverdun.

Graderings
Gee 'n telling: