Lekker Eet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekker Eet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep🔑Teken in

🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Marthie Kuhn se Gemmerbier

Marthie Kuhn

Onthou om 'n paar rosyne in gemmerbier agter te los — vanmelewe. Pa Stoffel sê dat gemmerbier moet gekook word anders is dit 'rou' en blaas jou op. Marthie glo dat die gas ontsnap uit die 2-liter plastiese bottels.

Bestanddele

10.125 liter
water
9 koppie2.25 l
ligbruin suiker
54
groot rosyne (sowat 9 per bottel)
30 ml
Jamaika Gemmer (Lennons)
7.5 ml
korrelsuurdeeg (nie kitssuurdeeg nie)

Metode

1

Los die suurdeeg op in 'n bietjie lou water.

2

Meng al die bestanddele saam, behalwe die rosyne.

3

Gebruik so ses tot sewe 1,5 liter Coke glasbottels en gooi die mengsel daarin.

4

Sit ongeveer nege rosyne in elke bottel.

5

Verseël die bottels baie goed.

6

Laat staan vir ongeveer 24 tot 36 uur.

7

Kantel die bottels stadig en kyk of die rosyne begin beweeg — moenie skud nie!

8

Bewaar dadelik in die yskas sodra die rosyne beweeg.

9

Draai die bottels versigtig oop wanneer jy dit gebruik.

✨ Tienie Sê

Geelsuiker bv. R12/kg, bruinsuiker R5,50/kg.

Graderings
Gee 'n telling: