π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Grinnadellaverkwikker
Versamel genoeg grinnadellamoes tydens die seisoen. Bewaar in vrieskas in 1 - 2 liter roomysbakke.
Bestanddele
Metode
Laat grinnadellamoes ontdooi in 'n groot emaljehouer.
Gooi die droΓ« bestanddele (suiker, sitroensuur, wynsteensuur en Engelse Sout) bo-oor die moes.
Gooi die kookwater oor en roer deeglik totdat die suiker heeltemal gesmelt het.
Laat die stroop staan vir ongeveer 10 ure.
Gooi die stroop deur 'n groot plastiese sif.
Gooi die gefiltreerde stroop in skoon, droΓ« bottels β lewer ongeveer 3,5 liter stroop.
Bewaar in die yskas, of gebruik plastiese bottels en vries.
Verdun na smaak: nagenoeg 1 deel stroop met 3 dele water β lewer ongeveer 14 liter verkwikker.
Bedien yskoud met ysblokkies of half gevries.