Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou ResepπŸ”‘Teken in

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Tuisgebakte Brood

β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸ₯ DeegπŸ”–Teken in om te stoor

San: Koop deeg by George, die Griek. Deeg moenie yskoud wees nie want dan is dit die vorige dag s'n. Hulle knie Β± 9 vm en 2 nm, voltooi. Koop 3 stukke vir R10 en verdeel vir twee groot brode. Gebruik 2 groot panne (soos my ou beskuitpanne).

Bestanddele

16 koppieβ‰ˆ 4 l
koekmeel
2 sakkie
kitssuurdeeg (10 g elk)
4 teelepelβ‰ˆ 20 ml
sout
louwater na smaak
varkvet of margerien na smaak

Metode

1

Moenie olie of asyn in die kniewater gebruik nie. Gebruik slegs louwater.

2

Meng die koekmeel, kitssuurdeeg en sout saam in 'n groot bak.

3

Voeg genoeg louwater by en knie die deeg met varkvet of margerien totdat dit elasties is β€” nie styf en droog nie.

4

Knie die deeg goed deur totdat dit 'n gladde, elastiese tekstuur het.

5

Verdeel die deeg in vyf gelyke porsies en vorm brode.

6

Laat die brode rys β€” nie te min (anders bars dit oop tydens bak) en nie te veel nie (anders kry jy rysgate en 'n paddaastoelvorm).

7

Bak die brode in gesmeerde broodpanne tot gaar en goudbruin.

✨ Tienie SΓͺ

Wenke: Sny klaar voor vries, so 4 snye per sakkie. Laat brode self ontdooi waar moontlik. Ontdooi 'n heel brood in MG, 3 min. op 'n kant in vadoek. Indien nie 'n MG het nie, sprinkel min water op en warm op in die oond (30 min.). Smeer varsgebakte brood met varkvet i.p.v. margerien.

Graderings
Gee 'n telling: