π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Reseptaal
Koffie-likeur
Die SA Kersfeeskookboek bl. 20
Bestanddele
2 liter
water300 ml
NescafΓ© Classic kitskoffiepoeier4 kgβ 4000 g
bruinsuiker, bv. "Treacle" van Huletts (donker, amper soos melasses)120 ml
vanielje-geursel (4 x 30 ml-botteltjies)3 liter
witblits (Bosveld-mampoer Β± 45 %)Metode
1
Verhit die water en kitskoffiepoeier saam in 'n groot pot.
2
Voeg die bruinsuiker by en roer oor lae hitte totdat die suiker heeltemal opgelos is β moenie laat kook nie.
3
Haal van die hitte af en laat die mengsel goed afkoel.
4
Roer die vanielje-geursel en mampoer deeglik by die afgekoelde mengsel in.
5
Gooi die likeur deur 'n kookoliefilter in skoon, droΓ« donkerbruin bottels van verskillende groottes en vorms.
6
Sit etikette op die bottels en laat die likeur Β± 2 weke of langer rus voor gebruik.
β¨ Tienie SΓͺ
Goudkleurige proppe vertoon mooi. Lewer Β± 7 liter likeur. Sit etikette op. Laat rus Β± 2 weke of langer.
Graderings
Gee 'n telling: