Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou ResepπŸ”‘Teken in

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Aarbei-likeur

Die SA Kersfeeskookboek bl. 19
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸΆ LikeurπŸ”–Teken in om te stoor

Aarbeie nou (Oktober) volop by die roosplaas van Johan Henning. Koop VARS aarbeie. Die goedkoop, uitskot aarbeie is Β± 70 % onbruikbaar en baaaaie tyd gaan verlore om uit te soek!

Bestanddele

2 kgβ‰ˆ 2000 g
vars aarbeie (1 kg per bottel)
4 koppieβ‰ˆ 1 l
(1 liter) water
8 koppieβ‰ˆ 2 l
(1,6 kg) suiker
4 liter
mampoer (Β±45 %) (2 liter per bottel)

Metode

1

Gebruik TWEE groot glasbottels met wye bekke (grondboontjiebottel grootte bekke).

2

Spoel die aarbeie, verwyder stingels en blaartjies.

3

Halveer aarbeie en gooi 1 kg vrugte in ELKE bottel.

4

Meng water en suiker in 'n groot vlekvrye of emalje kastrol.

5

Roer oor matige hitte totdat suiker opgelos is.

6

Verhit tot kookpunt en kook 5 minute lank oor matige hitte.

7

Laat stroop afkoel en verdeel eweredig oor die aarbeie.

8

Voeg 2 liter mampoer by ELKE bottel. Skud die bottels.

9

Laat ten minste vir 2 weke op 'n koel, donker plek staan – hoe langer hoe beter.

10

Roer van tyd tot tyd om te voorkom dat kristalle op die bodem van die bottel vorm.

11

Syg deur in skoon, droΓ« bottels en verseΓ«l.

12

Gebruik deurskynende bottels van verskillende vorms en groottes.

13

Rooi proppe vertoon mooi.

14

Plak etikette op.

✨ Tienie SΓͺ

Lewer Β±5,75 liter likeur. Indien resep drie maal gemaak word, benodig dan 2,5 kg suiker = 12 maatkoppies. Lewer Β± 8 - 9 liter. LW: Indien mampoer se alkoholpersentasie te hoog is, bv. 45+, dan is dit geneig om die ware geur van die vrug te oorheers.

Graderings
Gee 'n telling: