Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou ResepπŸ”‘Teken in

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Warm Boontjieslaai

Kitty, niggie van Catharina vv Seuna

Bestanddele

4
groot uie, grofgekerf
margerien of Butro na smaak
50 ml
koekmeel
4 ml
sout
2 ml
peper
150 ml
melk
250 ml
Ultra Mel room
2 blikkie
groenboontjies, French Cut, gedreineer (410 g elk)
2 koppieβ‰ˆ 500 ml
Cheddar-kaas, gerasper
2 pakkie
"Smoked Beef" chips, fyn (opsioneel)

Metode

1

Soteer uie in margerien of Butro tot glaserig en sag.

2

Klits die droΓ« bestanddele (koekmeel, sout, peper) saam met die melk.

3

Klits die Ultra Mel room by die meelmengsel in.

4

Roer die room-meelmengsel by die gesoteerde uie.

5

Voeg die gedreineerde groenboontjies by en roer deur.

6

Roer die gerasperde Cheddar-kaas by β€” die mengsel moet souserig wees.

7

Voeg 'n bietjie ekstra melk by indien te styf.

8

Skep die mengsel in 'n vlak vuurvaste bakskottel en strooi die fyngemaakte chips oor (indien gebruik).

9

Bak by 180 Β°C vir 30 minute.

10

OF: Bedien warm in 'n diep slaaibak sonder chips.

✨ Tienie SΓͺ

As bykos by braaivleis. 12 porsies.

Graderings
Gee 'n telling: