π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Vinnige Souttert
Baie lekker! Ideaal vir ontbyt.
Bestanddele
Metode
Braai die bacon stukkies, gesnyde ui en sampioenskyfies saam in 'n pan.
Voeg varsgemaalde swartpeper by en soteer liggies.
Skep die mengsel op die bodem van 'n gesmeerde vuurvaste bakskottel (grootte van 'n tertbord, 22 x 22 cm).
Strooi die gerasperde Cheddarkaas eweredig oor die mengsel.
Klop met 'n elektriese klitser genoeg lug in die eiers, melk en bruismeel sodat die mengsel lekker pofferig is.
Giet die eiermengsel oor die kaas en vulsel in die bakskottel.
Bak Β± 30 minute by 180 Β°C tot die tert gestol en goudbruin is.
Opsioneel: Voeg stukkies ingelegde pynappel by uiemengsel. Vervang bacon met vienna-wieletjies.