π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Uitkyk Slaghuis Wenke
Uitkyk Slaghuis - Silverton - Miena koop daar.
Metode
Pork Sisters: Sny gerookte varkvleisrepies uit die lies en gevleg soos koeksister.
Braai oor kole of in die oond.
Varksteak: Braai in 'n braaipan in Stork vloeibare margerien.
Pork Castler Rib: Reeds gerook en half gaar. Braai oor kole.
Pork Rushers: Sny ribbene dwars sodat die beentjies Β± 1 cm lank is.
Spare ribs word deesdae ook op hierdie manier gesny.
Hoender/steak in plastiese sak: Plaas die sak net so op die kole β die vleis stoom gaar.
'n Spar-sak vol water oor kole bars nie van die hitte nie.
Jagters plaas 2-liter plastiese Coke-bottels amper vol water, sonder prop, naby die kole vir warm water.