Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou ResepπŸ”‘Teken in

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Terte (Melktert)

Francis Venter, 5.3.1968, Kameelfontein
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸ₯§ TerteπŸ”–Teken in om te stoor

Resep van Francis Venter, 5.3.1968, Kameelfontein. Kors vergelyk met Mindy s'n.

Bestanddele

Kors
250 g
botter
Β½ koppieβ‰ˆ 125 ml
suiker
2
eiers
2 koppieβ‰ˆ 500 ml
koekmeel
2 teelepelβ‰ˆ 10 ml
bakpoeier
Sout na smaak
Melktertvulsel
4Β½ koppieβ‰ˆ 1.13 l
melk
3 eetlepelβ‰ˆ 45 ml
botter
3
eiers
ΒΎ koppieβ‰ˆ 188 ml
suiker
2Β½ eetlepelβ‰ˆ 38 ml
koekmeel
2Β½ eetlepelβ‰ˆ 38 ml
maizena
Β½ teelepelβ‰ˆ 3 ml
sout
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
vanilla

Metode

1

Kors: Room die botter en suiker saam tot lig en romerig.

2

Voeg die geklitste eiers by die botter-suikermengsel.

3

Sif die droΓ« bestanddele (koekmeel, bakpoeier en sout) saam en vou dit by die mengsel in.

4

Druk die deeg baie dun uit in tertpanne en bak in 'n oond van 400 Β°F (200 Β°C) tot ligbruin.

5

Melktertvulsel: Kook die melk en botter saam in 'n pot.

6

Klits die eiers in 'n aparte bak en voeg die suiker, koekmeel, maizena en sout by. Roer goed deur.

7

Sodra die melk kook, voeg die eiermengsel by die melk en roer vinnig deur tot die vulsel dik word.

8

Voeg die vanilla by en giet die vulsel in die gebakte terkors. Laat afkoel voor opdiening.

Graderings
Gee 'n telling: