π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Rooibokboud (Die Eiland Restaurant)
Maak 'n Las 27-12-2003
Bestanddele
Metode
Ontbeen die rooibokboud. Sout en peper die vleis.
Vou die boud toe in 'n vliesomhulsel (soos diΓ© waarin salami gemaak word).
Trek styf en bind of werk toe.
Marinade: Meng karringmelk, Worcestersous, droΓ« wit wyn, sout, Aromat en suurlemoensap.
Plaas die boud in 'n plastiese bak met deksel en marineer vir 24 uur in die yskas.
Draai elke 3β4 ure.
Bedruipmengsel: Meng gesmelte margerien, suurlemoensap, sout en Aromat.
Braai die boud en gebruik die onderste deel van 'n kasserol om oor die boud te sit terwyl dit braai.
Bedruip gereeld met die bedruipmengsel terwyl die vleis gaar word.
Moenie te dun sny wanneer gaar nie.
Bedien met bierbrood, pampoenkoekies, aartappelgereg met bacon, sampioensous met brandewyn.