Lekker Eet
🥗
Voorgeregte
🍞
Sop
🍖
Vleis
🐟
Vis
🥦
Groente
🍰
Soet
🫓
Bak
🫙
Preserves
🔥
Braai
💡
Wenke
Lekker Eet
Geïnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠Tuis🔍Soek
INHOUD
🥗Voorgeregte & Happies🍞Sop & Brood🍖Vleis & Pluimvee🐟Vis & Seekos🥦Groente & Slaaie🍰Soet & Nagereg🫓Bak & Koeke🫙Preserves & Bottels🔥Braai & Grootmaat💡Wenke & Boererate
📝 Stuur Jou Resep🔑Teken in

🔑 Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Pockets (Soos dié van Kentucky)

Christene

Soos dié van Kentucky.

Bestanddele

6
Mexican Tortillas (Pick 'n Pay, 6 pannekoeke in 'n pakkie)
Hoenderfilette (1 per pocket)
Margerien
Sout en peper na smaak
Sweetmilk Cheese Slices (1 per pocket, pakkie van 10 skyfies)
Nola Whip of Orley Whip
Blaarslaai
Tamatieskyfies

Metode

1

Koop Mexican Tortillas by Pick 'n Pay — dit is nie 'n soet pannekoek nie en breek ook nie maklik nie.

2

Sny die hoenderfilette dunner of vlerk oop (butterfly cut) indien baie dik of klein.

3

Maak die hoender gaar in 'n pan met margerien, sout en peper.

4

Smeer Nola Whip/Orley Whip op die boonste helfte van die tortilla, volgens die grootte van die kaasskyfie.

5

Sit 'n kaasskyfie op die Nola Whip, dan 1 stukkie gaar hoender, 'n stukkie blaarslaai, en 'n skyfie tamatie.

6

Vou die onderste helfte van die tortilla op na bo sodat die vulsel driekwart bedek is — die vulsel moet nog effens uitsteek.

7

Vou die linker- en regterkante ook toe soos 'n baba se doek om 'n 'pocket' te vorm.

8

Eet dadelik, of bedien in 'n regop polestreen houertjie of deurskynende papiersakkie.

9

Steek vas met 'n tandestokkie indien gewens.

✨ Tienie Sê

Hoender kan ook vervang word met baie dungesnyde rump steak. Tortillas word gebruik om Twisters van Kentucky te maak.

Graderings
Gee 'n telling: