π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Pannekoek (vir Soutpannekoeke of soet)
Bestanddele
Metode
Gebruik 'n 5-liter plastiese emmertjie en elektriese klitser om die mengsel aan te maak.
Klits die vloeistowwe (water, melk, olie, eiers en asyn) goed saam.
Sif die droΓ« bestanddele (koekmeel, bakpoeier en sout) by die vloeistowwe.
Klits alles weer goed saam tot 'n gladde beslag.
Bespuit twee vlekvrye staal (Legend) omelette panne met kleefwerende middel β slegs vir die eerste pannekoeke.
Stel die stoofplaat op stand 3.
Gebruik 'n soplepel as maat vir een pannekoek en bak die pannekoeke een vir een.
Strooi kaneelsuiker onder in 'n kasserole bak.
Bedek elke keer nadat 'n pannekoek bygevoeg is, sodat die suiker kan smelt.
Rol elke pannekoek versigtig op met behulp van 'n vurk.
Mia Duvenhage gebruik die helfte bruismeel vir 'n beter tekstuur.