Lekker Eet
๐Ÿฅ—
Voorgeregte
๐Ÿž
Sop
๐Ÿ–
Vleis
๐ŸŸ
Vis
๐Ÿฅฆ
Groente
๐Ÿฐ
Soet
๐Ÿซ“
Bak
๐Ÿซ™
Preserves
๐Ÿ”ฅ
Braai
๐Ÿ’ก
Wenke
Lekker Eet
Geรฏnspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
๐Ÿ Tuis๐Ÿ”Soek
INHOUD
๐Ÿฅ—Voorgeregte & Happies๐ŸžSop & Brood๐Ÿ–Vleis & Pluimvee๐ŸŸVis & Seekos๐ŸฅฆGroente & Slaaie๐ŸฐSoet & Nagereg๐Ÿซ“Bak & Koeke๐Ÿซ™Preserves & Bottels๐Ÿ”ฅBraai & Grootmaat๐Ÿ’กWenke & Boererate
๐Ÿ“ Stuur Jou Resep๐Ÿ”‘Teken in

๐Ÿ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Outydse Ryspoeding

Annetjie Bodenstein
โ˜…โ˜…โ˜…โ˜…โ˜…๐Ÿฎ Nageregte๐Ÿ”–Teken in om te stoor

By Annetjie Bodenstein afgeskryf.

Bestanddele

125 ml
rou rys
100 g
botter
250 ml
melk
4
eiers
250 ml
suiker
250 ml
karringmelk
25 ml
koekmeel
2 ml
fyn neutmuskaat
2 ml
sout
5 ml
bakpoeier

Metode

1

Voorverhit die oond tot 150 ยฐC.

2

Smeer 'n oondvaste bak met 'n volume van 2 liter of bespuit dit.

3

Kook rys gewoonweg in soutwater tot goed sag en dreineer.

4

Voeg botter en melk by die rys en meng.

5

Klits eiers en suiker saam en voeg dan karringmelk, meel, neutmuskaat en sout by.

6

Voeg die mengsel by die rysmengsel en meng goed.

7

Roer bakpoeier laaste by.

8

Gooi mengsel in die voorbereide bak.

9

Bak 'n uur of tot die poeding gestol het.

10

Stip die warm poeding met botterklontjies en strooi kaneel oor.

11

Laat 'n rukkie staan en dien warm op.

โœจ Tienie Sรช

Lewer 6 - 8 porsies.

Graderings
Gee 'n telling: