π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Ouma se Groente met 'n Korsie
Dit kan as 'n groentegereg voorgesit word, maar dis so lekker dat 'n mens dit eerder as poeding eet met vlasous.
Bestanddele
Metode
Skil, ontpit en sny die pampoen in blokkies.
Kook dit in 'n groot dikboomkastrol tot sag, maar nie pap nie, in sout kookwater.
Voeg genoeg witsuiker en klontjies botter of margarien by en kook dit tot stroperig.
Die pampoen moet met die stroop bedek wees.
Klits die eier, witsuiker en botter goed saam vir die beslag.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam.
Roer die meelmengsel en melk beurtelings by die eiermengsel.
Skep die beslag op die pampoen wat moet prut.
Sit die deksel op en laat dit ongeveer 20 minute lank prut sonder om die deksel op te lig.
Lewer 8 - 10 porsies. Kan ook as poeding met vlasous geΓ«et word.