π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Omelette met Sampioen-vulsel
Etienne, vriend van Charles het dit baie geniet. Noem my nou nog Tannie Omelette!
Bestanddele
Metode
Braai-stowe eers uieringe.
Voeg 1 blikkie 'Creamed Mushrooms' by die uieringe.
Voeg die vorige aand se oorskiet peppersauce by en roer saam. Dit is die sampioen-vulsel.
Klits 8 eiers en 8 eetlepels water saam.
Klits lug in!
Geur met sout en peper.
Voeg opsioneel 1 eetlepel fyngekapte vars pietersielie by.
Bespuit 'n omelette-pan met Spray + Cook of gebruik Β½ teelepel margerien. Verhit die pan.
Skep Β± 1ΒΌ soplepel eier-mengsel op 'n slag in die warm pan (soos vir pannekoek).
Sodra die omelette onder gestol is, skep die sampioen-mengsel op die helfte van die omelette en strooi grofgerasperde cheddar oor.
Vou die omelette versigtig toe en bedien DADELIK!
Baie vullend.