Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou ResepπŸ”‘Teken in

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Mieliebrood (met boerewors)

β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸ₯ DeegπŸ”–Teken in om te stoor

Bestanddele

1Β½ koppieβ‰ˆ 375 ml
mieliemeel, ongesif
25 ml
suiker
10 ml
sout
15 ml
bakpoeier
125 ml
cheddar, gerasper
3
eiers
160 ml
botter, gesmelt
250 ml
suurroom of ongegeurde jogurt
250 g
roomsoort mielies, geblik
1
ui, fyngekap
Β½
groen soetrissie
150 g
boerewors, gaar, gekrummel

Metode

1

Meng droΓ« bestanddele (mieliemeel, suiker, sout en bakpoeier) en kaas saam in 'n groot mengbak.

2

Klits eiers, gesmelte botter en suurroom (of jogurt) goed saam in 'n aparte bak.

3

Roer die geblikte mielies by die eiermengsel.

4

Voeg die eiermengsel by die droΓ« bestanddele en meng goed.

5

Voeg die fyngekapte ui, soetrissie en gekrummelde gaar boerewors by en roer deur.

6

Bedek die bodem en kante van 'n broodpan met foelie.

7

Giet die mengsel in die voorbereide broodpan.

8

Bak vir 1 uur by 180 Β°C.

Graderings
Gee 'n telling: