Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou ResepπŸ”‘Teken in

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Melktert

Tienie
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸ₯§ TerteπŸ”–Teken in om te stoor

Bestanddele

Smeerkors
4 eetlepelβ‰ˆ 60 ml
koekmeel
2 eetlepelβ‰ˆ 30 ml
botter
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
bakpoeier
knippie knippieβ‰ˆ β‰ˆ 1 g
sout
1
eier
3 eetlepelβ‰ˆ 45 ml
suiker
Vulsel
1 liter
melk
4 eetlepelβ‰ˆ 60 ml
koekmeel
1 eetlepelβ‰ˆ 15 ml
maizena
knippie knippieβ‰ˆ β‰ˆ 1 g
sout
Β½ koppieβ‰ˆ 125 ml
melk
6
eiers, geskei
1ΒΌ koppieβ‰ˆ 313 ml
suiker
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
vanilla
kaneel na smaak

Metode

1

Smeerkors: Klits botter, suiker en eiers saam.

2

Sif die droΓ« bestanddele (koekmeel, bakpoeier en sout) by en klits goed.

3

Smeer die deeg met die agterkant van 'n eetlepel in tertborde wat met Spray & Cook bespuit is.

4

Skakel die oond aan op 180 Β°C.

5

Vulsel: Kook die 1 liter melk in die mikrogolf vir 10 minute op hoog. Hou dop.

6

Maak intussen 'n pasta van die koekmeel, maizena, sout en Β½ koppie melk.

7

Voeg die eiergele by en klits goed.

8

Gooi 'n bietjie van die kokende melk STADIG by die pasta terwyl laasgenoemde VINNIG geroer word om te verhinder dat die eiers skif.

9

Gooi die oorblywende melk in 'n aluminium kastrol en plaas op die stoofplaat om weer te kook.

10

Roer die mengsel by die kokende melk met behulp van 'n whisk.

11

Roer vinnig en verwyder van die stoof.

12

Voeg die suiker en vanilla by en roer. Vou die styfgeklitste eierwitte by.

13

Stel die stoofplaat op laag.

14

Plaas die mengsel terug op die stoof en prut 'n paar minute, terwyl jy gedurig roer om aanbrand te voorkom.

15

Skep die vulsel versigtig in die rou kors. Bak Β± 30–45 minute op die middelste rakkie tot goudbruin.

16

Strooi kaneel oor voor opdiening.

✨ Tienie SΓͺ

Lewer 2 diep tertborde.

Graderings
Gee 'n telling: