Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou ResepπŸ”‘Teken in

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Melktert

Tannie Hettie v Staden
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸ₯§ TerteπŸ”–Teken in om te stoor

Bestanddele

Korse (vir 12–14 x 9" foelie-panne)
250 g
margerien
2ΒΎ koppieβ‰ˆ 688 ml
koekmeel
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
sout
3 teelepelβ‰ˆ 15 ml
bakpoeier
2
groot eiers
ΒΎ koppieβ‰ˆ 188 ml
suiker
Vulsel (vir 1 tert; hoeveelhede vir 2 terte in hakies)
1 liter
melk (2 liter)
125 g
margerien (250 g)
2Β½ eetlepelβ‰ˆ 38 ml
koekmeel (5 eetlepels)
2Β½ eetlepelβ‰ˆ 38 ml
maizena (5 eetlepels)
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
bakpoeier (1 eetlepel)
knippie knippieβ‰ˆ β‰ˆ 1 g
sout (Β½ teelepel)
4
groot eiers (8)
Β½ koppieβ‰ˆ 125 ml
suiker (1 koppie)
1 teelepelβ‰ˆ 5 ml
vanilla (2 teelepels)

Metode

1

Korse (berei lank voor die tyd): Vryf 250 g margerien in 2ΒΎ koppie koekmeel en 1 teelepel sout.

2

Strooi 3 teelepels bakpoeier oor die meelmengsel.

3

Klits 2 groot eiers en ΒΎ koppie suiker saam.

4

Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en meng goed.

5

Smeer die deeg in ongesmeerde tertpanne en bak tot ligbruin.

6

Laat die korste goed afkoel en pak in houers tot benodig.

7

Vulsel: Sif die koekmeel, maizena, bakpoeier en sout saam en meng met Β± 125 ml (250 ml) van die koue melk tot 'n dun pasta.

8

Verhit die oorblywende 3Β½ koppie (7 koppie) melk in 'n groot swaarboomkastrol.

9

Voeg margerien by en laat die melk kook, terwyl jy voortdurend roer om aanbrand te voorkom.

10

Roer 'n bietjie van die kookmelk by die pastamengsel en meng vinnig met 'n draadklopper.

11

Voeg die pastamengsel by die kookmelk in die kastrol en roer deurentyd tot die mengsel begin verdik.

12

Verwyder van die stoof.

13

Klits die eiers en suiker saam.

14

Roer 'n bietjie van die afgekoelde melkpap by die eiermengsel en roer die mengsel dan terug by die melkpap in die kastrol.

15

Voeg die vanilla geursel by en klits vinnig tot die mengsel gaar en matig styf is.

16

Skep die vulsel in die gaar tertkors en strooi kaneel oor.

✨ Tienie SΓͺ

Korse: Genoeg vir 12 - 14 x 9" foelie-panne (12 - 14 terte).

Graderings
Gee 'n telling: