Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou ResepπŸ”‘Teken in

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Lekker Ertjiesop

Tienie
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸœ SopπŸ”–Teken in om te stoor

Tydens vleiswerkery (9 en 10 Junie) vir eerste Boeredag wat sal plaasvind op 23 Junie 2006 op die terrein van Ellisras Boerevereniging by Ellisras Veilingskrale.

Bestanddele

3
x 500 g gesplitte ertjies (split peas)
3
- 4 medium uie, fyngekap
250 ml
Ultra Mel langlewe room
sout en peper na smaak
250 g
Bits 'o Bacon

Metode

1

Sorteer die ertjies vir klippies en enige onsuiwerhede. Spoel goed af.

2

Kook die ertjies vir 5 minute, laat dan week vir 1 uur.

3

Spoel die ertjies na die weekproses af en dreineer in 'n vergiettes.

4

Kook die ertjies tot sag sonder enige sout, soet of suur (asyn) β€” anders bly die ertjies hard.

5

Voeg die fyngesnyde uie en bacon by die ertjies in en geur met sout en peper.

6

Prut verder tot die uie sag is. Indien die sop te dik is, voeg nog kokende water by.

7

Net voor opdien, roer die room by.

8

Bedien met vars tuisgebakte brood en botter, verkieslik vanaf 'n koolstoof vir 'n gesellige atmosfeer.

Graderings
Gee 'n telling: