Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou ResepπŸ”‘Teken in

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Koperpennie-wortelslaai

Ansie Pretorius (uit: Lekker vir Later bl. 297, Annette Human)
β˜…β˜…β˜…β˜…β˜…πŸ₯™ SlaaieπŸ”–Teken in om te stoor

Ansie Pretorius het dit gemaak tydens Henkie se 21e verjaarsdag.

Bestanddele

1 kgβ‰ˆ 1000 g
geelwortels
2
uie
2
middelslag soetrissies
250 ml
water
200 g
wit suiker
200 ml
wit asyn
125 ml
sonneblomolie
1 pakkie
tamatieroomsoppoeier
10 ml
worcestersous
7 ml
aangemaakte mosterd
5 ml
sout
1 ml
peper

Metode

1

Skil die wortels en uie en sny dit in skyfies op.

2

Halveer en ontpit die soetrissies en sny dit in repies op.

3

Kook die wortels gewoonweg tot halfgaar, spoel dit in 'n vergiettes onder lopende koue water af en dreineer dit goed.

4

Pak die wortels, uie en soetrissies in lae in 'n houer met 'n deksel wat dig seΓ«l; eindig met 'n laag wortels.

5

Verhit die res van die bestanddele (water, suiker, asyn, olie, tamatieroomsoppoeier, worcestersous, mosterd, sout en peper) stadig saam tot kookpunt en roer dit om die suiker en soppoeier te laat oplos.

6

Roerkook die mengsel 2 minute lank.

7

Giet dit kokend warm oor die wortelmengsel en laat dit met behulp van 'n mes in die middel en langs die kant inloop.

8

Laat die slaai afkoel.

9

VerseΓ«l die houer en bewaar die slaai in die koelkas.

10

Laat dit minstens 2 dae lank marineer voor gebruik.

✨ Tienie SΓͺ

Maak twee dae voor die tyd. Bewaar in yskas!

Graderings
Gee 'n telling: