π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Koolgereg (Spinasietert-styl)
Bestanddele
Metode
Kook 500 g fyngekerfde kool tot sag. Dreineer die kool goed in 'n vergiettes.
Braai-stoof 2 uie of selotte tot sag en deurskynend. Meng dan die uie en kool saam.
Klits 2-3 eiers en 1 opgehoopte eetlepel koekmeel saam.
Voeg peper en mosterdpoeier na smaak by (sout is in soppoeier).
Hou eenkant.
Meng 1 pakkie wit uiesoppoeier en 250 ml suurroom.
Voeg 1 houertjie (250 g) maaskaas by en meng met die eiermengsel.
Meng die suurroom-eiermengsel met die koolmengsel.
Bespuit 'n groot, plat Pyrexbak met Spray & Cook.
Gooi die mengsel in die bak en strooi grofgerasperde Cheddarkaas oor.
Bak 25-30 minute by 180Β°C op die middelste oondrak.
Vries goed vir 1 week. Bak vir afwisseling in muffinpan. Vars room kan met suurlemoensap suur gemaak word.