π Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig
Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.
Karamel Butternut/Herbert of Patats
Bestanddele
Metode
Voorverhit die oond tot 180Β°C.
Skil die butternuts en sny dwars in skywe (nie te dik nie).
Pak die butternut skywe onder in 'n ongesmeerde oondvaste glasbak van Β± 25 x 25 cm.
Strooi 'n bietjie sout oor die skywe met die soutpot.
Gooi 500 ml Ultra Mel room eweredig oor die butternut.
Strooi geelsuiker en kaneel of gemmer grootliks oor.
Bak Β± 1 uur sonder deksel op die middelste oondrak tot gestol en karameliseer.
Strooi 'n effe bietjie kaneel bo-oor voor opdiening.
Onderste "kalbas-gedeeltes" kan vir "Gevulde Butternut-helftes" gevries word. Patats kan ook op hierdie manier gaargemaak word. Hester maak ook 'n pampoenrol met brandewyn in - rol deeg uit, skep pampoen in.