Lekker Eet
πŸ₯—
Voorgeregte
🍞
Sop
πŸ–
Vleis
🐟
Vis
πŸ₯¦
Groente
🍰
Soet
πŸ«“
Bak
πŸ«™
Preserves
πŸ”₯
Braai
πŸ’‘
Wenke
Lekker Eet
GeΓ―nspireer deur Tienie se Kookboek
Teken inRegistreer
🏠TuisπŸ”Soek
INHOUD
πŸ₯—Voorgeregte & Happies🍞Sop & BroodπŸ–Vleis & Pluimvee🐟Vis & SeekosπŸ₯¦Groente & Slaaie🍰Soet & NageregπŸ«“Bak & KoekeπŸ«™Preserves & BottelsπŸ”₯Braai & GrootmaatπŸ’‘Wenke & Boererate
πŸ“ Stuur Jou ResepπŸ”‘Teken in

πŸ”‘ Teken in om resepte te stoor, in te dien of te wysig

Familie-lede kan ook bestaande resepte wysig.

Reseptaal

Afval vir Safari-ete 2006

Wat 'n verrassing! Gedink ons koop die klaar skoongemaakte pense aan. Β± 50 % daarvan so swart en taai soos ons land se voerkraalkallerpense! Ons moes eers weer vir twee dae aanmekaar staan en krap om skoon te kry. 23 Junie 2006: 29 kg beesp…

Bestanddele

2
x 25 kg bokse beespens (ingevoer vanaf AustraliΓ«)
11 kgβ‰ˆ 11000 g
skaappens, lieflik skoon
20 kgβ‰ˆ 20000 g
beesskenkels

Metode

1

Berei die afval twee weke voor die groot funksie voor β€” moenie meel of enige verdikkingsmiddel byvoeg tydens hierdie voorbereiding nie; dit word later tydens opwarming bygevoeg.

2

Kook die pense buite op die stoep in erdekastrolle op gasbranders β€” die reuk verdamp buite en nie in die huis nie.

3

Kook die skaappens die vorige dag.

4

Skep die gekookte vleis uit in oop skottels om vinnig af te koel, en skep onnodige vette af.

5

Meng die skaap en pens saam.

6

Gooi die mengsel liewer direk in 'n groot nommer 20 swartpot vir opwarming β€” vermy erdekastrolle en vlekvrye staal kastrolle aangesien dit die afval kan laat brand tydens opwarming.

7

Sodra kookpunt bereik word, gooi die bindmiddel (verdikkingsmiddel) in en kook deur.

✨ Tienie SΓͺ

Vries in byvoorbeeld 1 kg margerienbakke of 2 liter roomysbakke; Een groot houer neem te lank om te ontdooi. Ontvorm die volgende dag wanneer gevries is en plaas in plastiese sakkies. Sakkies gebruik minder plek in vrieskas. Vries tot benodig.

Graderings
Gee 'n telling: